|
Teen
slegs R240-00 per jaar per gesin, kan u
aansluit by Overvaal Stereo se klub. Alle
klublede sal gereeld ons nuusbrief, Overvaal
Stereo Nuus in die pos ontvang. Die voordeel om
aan dié klub te behoort, is dat jy aan die vele
kompetisies sal kan deelneem wat gereeld
plaasvind, omdat kompetisies slegs vir klublede
is. Klublede het al van CD's, diamantringe,
gasbraaiers tot mikrogolfoonde gewen. Deur 'n
lid van die klub te wees, wys jy ook dat jy jou
gunsteling gemeenskapsradiostasie ondersteun.
Wil jy aansluit by die klub?
Stuur jou naam, van, posadres, telefoon- en
selnommer per e-pos. Die kantoor sal jou kontak
met meer besonderhede.
info@overvaalstereo.co.za of
admin@overvaalstereo.co.za
|