DRUK OP FOTO
VIR MEER

JOHAN BEZUIDENHOUT

MEDEWERKER

STUUR E-POS
 

3 Dinge wat ander nie van my weet nie .... Ek bekruip my yskas in die nag (Gewoonlik na 02:00)
My kat Mozart slaap by my.
Ek loop Rekenaarsvaardigheid klasse.
Is daar lewe na die mikrofoon? Ja. Ek het dit sekerlik bewys. Ek geniet egter die radio en uitsaai.
As die koerant op die voorblad iets oor jou skryf, wat sal die opskrif wees? As ek gesterf het " Hy het met 'n "bang" gegaan.

As ek leef ....Geniaal, Skeppend, Behulpsaam ..... Toe skrik ek wakker!

Waar is jou gunsteling vakansieplek?
 
My hart verlang na die stilte van die wye wuiwende veld ver van die stadsgeluide en die klinkende klank van geld ....
In watter rigting sou jy graag nog wou studeer?
 
Kern Wetenskappe en Argeologie
Mr. Bean kom kuier vir die naweek by jou.... sien jy kans? So nimmer as nooit .... Hy sal nie solank by my uithou nie.
Wat sal jy met jou laaste R10 koop? Halwe melktert.
Wat is die 1ste ding wat jy doen as jou oë oopgaan in die oggend? Kyk na die mooi van die nuwe dagbreek.

Terug na omroepers