>

 
(Pryslys onder aan bladsy)
   

Ya-Ya B
(Geinspireer deur Melanie von Steen)
Ya Ya b is ‘n na-aan die hart parfuum. Een wat jou veilig in jou vrou-wees laat voel sodat jy die wêreld met sag maar met  selfversekering in die oë kan kyk.
Geïnspireer deur my liefde vir spesery-geure neem YA YA b jou na jou grootword huis, na die mense wat jy lief het.
Ya Ya b Is my skoon dogter – jonk en beeldskoon.
Ya YA b is my ma, (YA YA beteken ouma in Grieks) standvastig en altyd vol planne.
Ya ya b is ek  … 

My nooi is in 'n nartjie
My ouma in kaneel
Daar’s iemand, iemand in anys

Daar’s
in vrou in elke geur....
 

 

Haar keuse is ‘n warm Elegante geur en geskik vir die selfversekerde vrou.

KOPNOTE: Bevat onder andere Soet Roos, Tuberose en ‘n titsel Pruim en Meloen.

HART: Blomme met soet houtagtige note soos Iris, Patchouli en ‘n titseltjie Naeltjies.

DIEPSTE NOOT: Sandalwood, Mos en Muskus.
 
Cha-Ret
(Geinspireer deur Riette Lombard)

Char-Ret is 'n kombinasie van Charl en Riette se name wat saamgevoeg is.
Hierdie parfuum is spesiaal vir die jonger dame wat haarself graag wil bederf. Cha-Ret skep die idee van selfvertroue en varsheid"

 


 

 

Dit is ‘n ligte, skoon, vars geur wat baie byval sal vind by die jonger vrou.

KOPNOTE: Citrus, Peoni, Roos en Pink Pepper.

HART: Roos en Osmanthus (Chinese blom met ‘n wonderlike vrugte en blom aroma met leeragtige note).

DIEPSTE NOOT: Pathouli en Sandalwood.
 

Mia Belle
(Geinspireer deur Isabel Kruger)


Mia Bell is vir die dame wat gesofistikeerd, weet wie sy is, maar tog vrou is.

Dit is sag met n betowerende  geur,  maar nie oorheersend blommegeur nie. Franse naam wat beteken jy is pragtig - net soos God jou gemaak het. Geskik vir enige geleentheid. Jy kan dit dra met groot selfvertroue.

 

 

 

Gesofistikeerde blommegeur – Geskik vir die stylvolle vrou.

KOPNOTE:  Bevat onder andere Bergamot, Lemoen en Lelie.

HART: Viooltjies, Roos, Jasmyn, Ylang-Ylang en Narcisse.

DIEPSTE NOOT: Eik Moss, Muskus, Sandalwood en Amber.

 

 

 
Jotopia
(Geinspireer deur Johannie de Waal)

"Utopia is ’n droomwêreld wat bestaan uit vrede en geluk. Dit is ’n bederfplekkie waarheen jy soms net kan ontsnap om weer uit te vind wie jy nou eintlik is. Dra Jotopia en hierdie droomwêreld word jou werklikheid.
Vars, energiek en ideaal vir enige geleentheid!"

 


 

 

Haar keuse is ‘n engergieke sensuele geur wat haar jeugdigheid beslis komplimenteer.

KOPNOTE: Nartjie, Freesia, Sederhout en Muskus.

HART: Baie lelies

DIEPSTE NOOT: Peer, Clematis en diep rooi Roos.

 

 

 

.Z
(Geinspireer deur Carien Dippenaar)

Die Z staan vir Zebra, voorwaar die mees uniekste dier ooit geskape.

 "Indien jy iemand uniek is, nie die stroom volg nie, en jou eie ding doen - presies weet wat jy in die lewe wil vermag is .Z die parfuum vir jou!
 
.Z
is anders,
'n aardse gevoel wat enduit teenwoordig bly"

 

AARDS!

.Z is anders as al die ander geure in die reeks.

Hierdie geur word letterlik op sy kop gekeer.
 
Waar die ander geure in die reeks se DIEPSTE NOTE eers uitkom by hout geure, bevat .Z se KOPNOTE reeds houtgeure.

Dit gee die geur van die begin af ‘n aardse gevoel wat enduit teenwoordig bly soos die geur ontwikkel.

KOPNOTE: Moss, Plant Wortel en Gemmer

HART: Jasmyn, Magnolia en Mimos

DIEPSTE NOOT: Bevat wit Blomme, Roos en Pomelo.
 

 

PRYSLYS 2011

 
       Alle parfuum (30ml)                                                                         R150-00
       Lyfroom (175ml) met parfuum reuk van u keuse                                   R100-00
         Lyfroom (250ml) met parfuum reuk van u keuse                                   R150-00
 

(Pryse sluit BTW in, maar posgeld en verpakking uit)

 
VIR BESTELLINGS DRUK HIER