...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

OVERVAAL STEREO WIL TERUG GEE.


Overvaal Stereo wil na 25 Jaar terug gee. Ons wil ons dank wys en daar is geen beter manier as om daar buite, in ons uitsaai gebied, 'n verskil te gaan maak nie!!

Die stasie wil vir vier tehuise of instansies wat 'n diens lewer of verskil maak - die geleentheid gee om vir ons te vertel waarom hulle hulp nodig het, hoe ons kan help en hoe daardie hulp 'n verskil vir hulle sal maak.

Daarom word tehuise en instansies genooi om vir ons 'n motiverings-epos in die verband te stuur. Maar julle moet wikkel!

Overvaal Stereo 96.1fm gee 4 regstreekse uitsendings weg vanaf jou perseel, met die nodige bemarking voor die tyd!

Maar dit is nie waar dit stop nie...

Ons bring vir Dillon Lerm saam. Hy kom doen 'n gratis vertoning vir jou instansie, en jy kan besluit hoe jy dit wil aanwend.

Belangrik - die optrede en uitsending moet op dieselfde dag plaasvind. Julle kan dit as 'n konsert aanbied, net julle inwoners vermaak, dit is jou besluit en keuse. Solank almal net welkom is om julle te ondersteun!


Stuur vandag nog jou e pos aan DIE DAGBESTUUR by admin@overvaalstereo.co.za.

Indien die aansoek suksesvol was sal Overvaal Stereo se kantoor jou kontak.


Die pakket in geheel is bykans R20 000 werd!

Wie weet, dalk is ons binnekort op julle voorstoep.

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com