...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Uit die koue Vrystaat groet ek.

2 Julie 2018

 

Lekker besige naweek gewees!

Overvaal Stereo het gaan kuier by Rietvlei Melkery en Slaghuis hier in Viljoenskroon met 'n regstreekse uitsending.

Die personeel het almal gaan saam kuier. Rietvlei was een van die besighede wat die meeste steentjies gekoop het tydens ons projek, en so het hulle en Turkstra Bakkery albei 'n gratis buiteuitsending gekry.

   

Daar was nou behoorlik geŽet en gedrink! Daar is o.a 650 pannekoeke verkoop vir die oggend. Mens is altyd dankbaar as sulke geleenthede suksesvol is. As die luisteraars nie ondersteun nie kan die goed nie werk nie. Dankie aan elkeen wat deel was!

   

Ek en my mense het gaan rondloop die Sondag. En ek dink ek het my tyd se BAPSFONTEIN raak geloop!

Ons is Bietjie Bos toe. En daar het mense soos Manie Jackson, Lee Magnum en Jody Wayne opgetree. En ek het vir die eerste keer gevoel, hoe dit dalk moes gevoel het die jare toe Bapsfontein nog bestaan het. Mens hoor maar net altyd daarvan - en toe ons by die deur instap het ek vir my suster gesÍ as hierdie ondersteuning so aanhou - kan hierdie die "nuwe" Bapsfontein word.

SovÍr die oog kon sien het die mense gesit en luister! Die kinders word besig gehou met klim en klouter, springkastele en die ouers kuier lekker onder die lapa's en tente.

Ons was gelukkig om 'n sitplek te kry by 'n tafeltjie en sommer net vir 'n uur te kuier. Daar word lekker etes bedien en jy kan sien die mense geniet hulle.

Ek het nie kans gekry vir onderhoude opneem nie. Maar dit was lekker om bietjie uit te kom en weer die pad te vat.  Ek het vir Lee Magnum hallo gesÍ so oppad uit. Die man lyk goed! En onthou nog die groot Randlesparkfees waar hy vir my kom optree het. Lee se musiek is vandag nog lekker op die oor. Die man sing mos wat ons wil hoor.

NadinŤ het kom inloer en Sharika het 'n foto saam haar gekry.  Wel - gaan loer in by Bietjie Bos. Met my besoek geen toegang gevra nie, en dan kan mens dit bekostig om bietjie daar te spandeer, te ondersteun, en die pad te vat.  Ek weet 2 Desember het hulle 'n lekker vertoning daar. Ek gaan dit verseker bywoon. Mense soos Lance, Sally, Jody, Barbara Ray, Manie en nog meer met "Carols by Candelight. Ek dink toegang is R40. Dit is nie eers so vÍr nie. Meyerton. Het al lus gevoel en kry 'n bus, maak van dit 'n Overvaal vat pad geleentheid en nooi 'n klompie luisteraars saam ons. Wel wie weet - dalk kan ons nog.

Hoe ookal - gaan kuier gerus by Bietjie Bos. Ons het dit baie geniet. En dankie daarmee saam aan die eienaar(s) wat iets aanbied wat ons mense kan geniet, kan bekostig en kan bywoon!  Ek het 'n lekker lang gesprek gehad met die eienaar, Andre Brits, en hulle geluk gewens met die aanbied van die geleentheid. Mens moet ook die ding in perspektief sien en dit is, plekke soos Bietjie Bos skep werk en geleentheid vir ons legendes wat waarlik die werk nodig het! Ek kon tydens ons gesprek opgewondenheid hoor en tevredenheid van sy kant af.

Bietjie Bos het nie akkomodasie nie, maar net af in die pad kan mens tuis gaan by die Plaaskombuis. Die name maak mens sommer opgewonde of wat praat ek alles. Jy kan hulle volg op Facebook of gaan loer op hulle webtuiste by http://www.biekiebos.co.za/

Dit is die week se saam gesels. Lekker bly. Warm bly. Dit sneeu orals om ons - en ons kry net die koue nie die mooi nie. Maar dit is ook nodig!  Na die winter kom die warm van die somer. Kyk na jouself. Maak baie koffie, sop, pannekoek en vetkoek. Ek mis sommer my ouma as ek hierdie dinge tik.

Groete.
 

 

  Free Web Hit Counter

 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com