...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Hallo daar.!

26 Junie 2018

 

So sluip die weke een na die ander verby. Kort voor lank het ons so gesluip dat Kersfees voor die deur staan!

Nuus is skraps hierdie week. Dan kom daar een week wat mens wonder, wat skryf ek, wat los ek, want dan is daar weer te veel.

Laasweek Sondag, het ek begin met 'n nuwe program tussen 1 en 2. Carpediem Media het hande met ons gevat, en Overvaal Stereo doen vir hulle boek resensies. Was sommer 'n lekker program om aan te bied.

Ons het dit goed gevind, om na elke boek - die boek weg te gee. Luisteraars kry dan die kans en geleentheid om die ateljee te laat weet watter dame/vriendin hulle voel die boek moet kry. Iemand wat in 'n moeilike seisoen van haar lewe is.

   

Een rel - sy mag nie weet jy het ons laat weet nie. So is daar niemand wat voel hulle swaar kry van die elke dag se lewe, word mis gekyk nie.

Ons kollega , Stephan Nel is oorsee! Welverdiende blaaskans. Maar die man moet saam die blaas, werk ook!

Van tyd tot tyd laat weet hy vir die ateljee waar hulle is, wat hulle doen, hoeveel dit kos en of dit lekker is. So reis ons luisteraars saam en kom ons op plekke wat ons anders nie sal sien nie.

Ons saai dit uit in sy skof - Skud jou Saterdag asook in, Oppad huis toe.

Hier is 'n foto van hulle vertrek. Lekker kuier Stephan, dankie vir die stories. Vir ons wat met Jan tuisbly se karretjie ry, kom reis lekker saam.

Dis winter, so ons loop nie baie rond nie, maar ek weet ons is volgende week by Rietvlei Slaghuis en Melkery in Viljoenskroon. Ons saai regstreeks van daar uit. Kom loer in. Kom kuier saam.

Soos ek sit en tik, dwaal my gedagtes terug na die NUUSBRIEF jare. Heng jong, die lewe het darem maar verander! Daai jare was dit raap en skraap om een keer 'n Maand 'n nuusbrief in jou posbus te kon kry, vandag tik ons op die foon, stuur vir proef en netnou is dit reg vir julle om te lees op die webtuiste - nie een keer 'n Maand nie sommer elke week!

Maar ek moet bieg!! Ek hou baie meer van die nuusbrief tussen my vingers. Om hom om te blaai en opgewonde te wag vir wat iets op die volgende bladsy. Vol afwagting.

Ons steentjie bord is in druk!! Martin en Ernest hanteer dit vir ons. En as hy klaar is kan die groot skryf begin, en kan hy muur toe gaan. Ons is steeds baie dankbaar vir elke luisteraar en besigheid wat hierdie projek so ondersteun het. Weereens - dankie!

Ons is 'n gemeenskapstasie - en ons is nou maar een keer afhanklik van die publiek se ondersteuning. Ons begin reeds dink aan 'n volgende projek en julle is natuurlik altyd welkom om saam te dink.

Ek het gedink ek het niks om te s vandag nie, maar kyk waar trek die pen se ink!

Rocco de Villiers was laasweek in Potchefstroom, die daaropvolgende dag het hy vir ons 'n "voicenote" gestuur - oor sy ervaring. Dit was lekker om te hoor hy het Potchefstroom en sy mense geniet, die saal was vol en ook dat hy bewus was Overvaal Stereo 96.1fm het sy nuwe enkel snit Kortbroek en Langkouse eerste gespeel. Lekker as die kunstenaars sulke goed raak sien en erken. Ons sal Rocco altyd ondersteun!

Nuwe musiek stroom in. Ons laai laat dit klap. Dankie Martin en Jacques. Ons almal byt vas met die winter saam. Bly gesond en hou by die vitamin C.

Dankie vir die inloer - mooi bly, luister hard, luister lekker en belangrikste van alles luister net saam.

Groete.
Ig.

 

  Free Web Hit Counter

 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com