Steve Hill van Natuurbewaring is die
mede-aanbieder van die program
Natuur-lik elke Vrydag vanaf 17:45 tot
18:30
Welkom by ons Natuurlike Uitstappies...
Ons wil vreeslik
graag snaakse, interessante en aksie
fotos van ons luisteraars en webblad
besoekers plaas oor diere en plante of
ander natuur verskynsels!
Indien u oor so 'n foto beskik en dit
graag met ander wil deel, is u welkom om
dit te epos na
info@overvaalstereo.co.za .
'n Luisteraar het hierdie fotos vir ons
gestuur van 'n vermoedelik baie skaars
voëlsoort. Weet u dalk watter voël
hierdie is? Epos ons na
info@overvaalstereo.co.za indien u
meer inligting het, of skakel in op ons
Natuurlik program Vrydae middae vanaf
17:45 en gee u mening op die lug by 056
343 2073/4/5.
Neels se "mak" Rinkals kom uit!!
Van Overvaal Stereo se personeel, in
samewerking met Steve Hill van
Natuurbewaring, het op Saterdag 18
Desember 2010 gehelp om 88 brulpaddas
wat in Viljoenskroon se strate
rondgeloop het, te vang en na Rietpan te
neem om hulle daar te hervestig.
Hier volg fotos van 'n luisteraar
waar hy 'n pofadder onder sy asblik
gevind is.
Weet jy dalk watter
soort spinnekop die is?
Indien jy
weet laat weet ons asseblief by
KONTAK ONS sodat ons dit met die
luisteraars kan deel.
Steve Hill, Mede aanbieder van die
program Natuur-lik saam met 'n ateljee
gas, Marlene
wat meer kom vertel het oor uile wat
langs die pad raakgery word of
vergiftigde muise en/of rotte ingekry
het.