...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

MODDERBAD 2019...

 

So het die Oppad Huis Toe span besluit dit is tyd vir 'n water uitdaging...

Stēphan jv Rensburg het eerste sy 2L water weg geslaan , en "wen" toe 'n afdag.

Ignaz het tweede gekom maar die "agteros kom ook in die kraal" was Hanlie!

Wel sy wen toe die modderbad - laaste een om klaar te maak het dit gewen!

Ignaz en Stēphan het besluit... hulle gaan vir Hanna maar bystaan.

Die volgende dag was D dag vir die morsige storie.

'N modderbad is voorberei en die stasie is na die adres waar daar gebad word. Jaco de waal het die hele spat en bad regstreeks uitgesaai. Die video wat vertel van die prêt is elders op die webtuiste.

Daar is na die gebad - onder die tuinslang gebad om die drie skoon te kry.

Hulle het alles in die "netjiese" bad gehad wat mens langs 'n luukse swembad sal vind , natuurlik.

Hulle het self 'n drink ding in die hand gekry.

Daarna is daar 'n stukkie wors op die kole gegooi en oppad huis toe is verder van daar sommer buite aangebied.

Geniet die fotos!...
 
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com