...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

FRANK & FEARLESS DEUR LEON SCHUSTER.

 
     
Dit was tyd om die springmielies reg te kry, ons fliek skoene af te stof en ons reg te maak vir die premiere van Leon Schuster se nuwe fliek wat 23 November begin draai in teaters landswyd.


Ignaz en Hanlie het dit gaan bywoon in Santon, Johannesburg.


Ons vriende van STARBURST PROMOTIONS het Overvaal die geleentheid gegun om 'n onderhoud met Leon voor die tyd te voer oor sy nuwe film.
 
Leon is al 67 jaar oud en het al in 1975 begin met sy werk by SAUK.

Hierdie een is nie die gewone Leon komedie waaraan Suid Afrika gewoond is nie. Daar is 'n dieper storielyn agter Frank & Fearless.

Die geleentheid is bygewoon deur baie mense en ook natuurlik baie media. Die gaste is voor die tyd bederf met peusel happies en 'n drink dingetjie.


Baie mense uit die bedryf het Leon se nuwe werk kom ondersteun. Bekendes en beroemdes was in oorvloed.

Kurt Darren het heelwat aandag getrek onder die gaste - met sy nuwe voorkoms na hy baie gewig verloor het.



Ons wens Leon en die hele span wat saam hom gewerk het voorspoed toe. Gaan maak 'n draai by die fliek en vergeet vir 'n uur of wat van die węreld en al sy dinge.
 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com