...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

Lekkergoed Projek

 

17 Desember het Overvaal Stereo se personeel saam die Randlespark senior koor gaan sing en lekkergoed uitdeel in Klerksdorp.

Ons luisteraars het ons gehelp om die lekkergoed bymekaar te maak.

Die projek was 'n groot projek en het vir jare 'n verskil gemaak maar is later gestop. 2018 het ons besluit die projek gaan opnuut weer begin. En het ons soos altyd vreugde gesien.

Die koor het vertrek vanaf Afsaal woonstelle in Klerksdorp - Flamwood Travel het ons hande geneem en was die borg wat ons seniors aangery het.

Die lekkergoed was in oorvloed! Daar was selfs genoeg om meer van 'n verskil te gaan maak as wat ons aanvanklik beplan het.

Daar is by Ignaz se huis 400 verpakkings gemaak - en daar was lekkergoed oor - wat in 2019 'n verskil maandeliks gaan maak by die Jeugsorg sentrum in Viljoenskroon. Ons beplan om vir die eerste ses maande van 2019 elke einde van die maand vir die jeugsorg sentrum se kinders lekkergoed af te gee.

Ons bedank elke persoon wat gehelp insamel het, die projek ondersteun het, elke een wat kom saam sing het, Nelmarie Grobler wat die trekklavier gespeel het en elke een van Overvaal Stereo se personeel wat hand kom bysit het.

Die wat koeldrank aan gedra het, 'n warmbrak gemaak het of sommer net saam gery het.

Die personeel se families wat ingeval en gehelp het.

Daar is 'n verskil gemaak in talle vergete inwoners se lewens daar buite.

Dankie ook aan Ouma Pop van Stilfontein wat ruim bygedra het en wat vir die moe koorlede koue koeldrank gereed gehad het tydens 'n rus sessie.

Die koor het die projek gaan afsluit in die tuin van Cissel Chatwind in Stilfontein waar hulle bederf is om alleen rustig in sy liggie tuin te sit en koffie ontvang het. Die afsluiting het almal die geleentheid gegun om net rustig oor die dag se verskil te besin.

Hier is fotos van die LIP LEK LEKKERSTE LEKKERGOED PROJEK 2018.

Hierdie projek sal voorts 'n jaarlikse projek bly en ons sien uit na 2019 se projek.

Geniet 'n paar foto's...
 
Personeel is in regte kersfees-gees getooi gewees.    
     
Elke pakkie is met omgee verpak en verseel...   Seniors luister aandagtig na die musiek wat hulle uit hulle kinderdae onthou.
     
     
Die inwoners in die verswakte afdelings was nie vergete nie. Die koor het hulle ook almal besoek.   Koeldrank tyd was aan die orde van die dag.
     
Daar is elke jaar by Ouma Lucy se huis ook gestop. 2018 was geen uitsondering nie. Die koor het ook weer daar langs gegaan in Roosheuwel, Klerksdorp.    
     
En as van die seniors moeg word dan sit Ignaz maar hand by...   Hier word gerus... of word hier musiek gemaak?!
     
  Hanlie vind uit hoe dit met die inwoners van Justice Otto gaan. Dan wonder ons nou wat gaan hier aan?! Ag Stēphan dateer seker net Facebook op of so iets...
     
  Dankie Ouma pop vir die ruim bydraes wat jy gemaak het. Die koor is bederf met koffie in die liggie tuin van Cissel Chatwind... Dankie vir die vriendelikheid Anna.
     
 
 



 

     
 
  Die Randlespark senior koor...
   
Die koor hard aan die sing. Nelmarie speel op die klavier by Klerksdorp tehuis vir Bejaardes.  
   
Die Senior koor saam met Flamwood Travel , Klerksdorp. Die klein span met die groot harte.
   
  Senior burgers luister aandagtig na Stille Nag...
   
   
  Stēphan janse van Rensburg gesels met van die inwoners
   
En so word daar toe gerus...  
   
   
Indien jy betrokke wil raak by hierdie tipe uitreik projekte van Overvaal Stereo 96.1fm is jy welkom om ons kantoor te skakel en 'n boodskap vir Ignaz te laat - hy sal jou graag terug skakel.

Sonder die gemeenskap se ondersteuning kan ons nie hierdie projekte aanpak nie.


Ons kantoor kan gekry word by 0563432076.
 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com