2012
 

 

Wat is ’n Skrikkelsekonde?


Skrikkelsekondes word gebruik om horlosies in die pas te hou met die aarde wat al hoe stadiger draai. Dit is sedert 1972 al sowat 21 keer ingevoeg, die vorige keer op 31 Desember 1994.

Hoewel die bykomende sekonde die meeste mense nie sal raak nie, is dit vir sekere bedrywe baie belangrik om noukeurig tyd te hou. Skrikkelsekondes is nodig weens die aarde se draaiing wat geleidelik besig is om af te neem, hoofsaaklik weens gety-remming van die maan en son se kragte.

Die International Earth Rota tion and Reference Systems Service (Iers) is die organisasie wat die aarde se draaiing monitor. Die wêreld se tyd word gelees deur baie akkurate atoomhorlosies. Met die uitvinding van die horlosie is daar agtergekom die aarde draai eintlik nie so glad as wat die mens gedink het nie. Die aarde het 'n effense slingering wat die Chandler Wobble genoem word.

 
ARGIEF
 
 

Laat weet gerus jou skoolhoof om ons so gou moontlik te kontak by

056 343 2077, sodat ons ook na jou skool toe kan kom!


TERUG NA HOOFBLAD