...
 
 
 
 
 

  

   

 
Donderdag 7 Februarie
 

Vanderbijlpark slaap vanaand...

Ek sit op die gastehuis se stoep... ek stuur media verklarings uit van die vertoning waarby ek betrokke is volgende Saterdag ten bate van slagoffers van die brugtragedie... ek dink. Ek wonder. Ek is dankbaar aan elke een wat reeds 'n kaartjie gekoop het vir volgende Saterdag hier in hierdie dorp! Dankie aan elke een van die 1500 mense wat reeds 'n kaartjie besit!

Soos ek op die stoep in die donker sit, na rustige musiek luister - hoor ek niks meer as dit nie. Net stilte. In 'n dorp wat oor 'n halfuur 'n week terug gille gehoor het, 'n dorp wat flenters was en wat geween het... nou is daar stilte!

God se stilte. Ek ervaar hier laat in die nag in die dorp van tragedie - God se wonder. Vader se handewerk.!

Hy maak stil. Hy bring kalmte na die storm. Hy bring die donker van die nag - maar more bring hy die son om die donker te verjaag! Soos dit nou hier is.

Geen gille, geen tragedie, gee geween , net stilte! So sal God elke een wat seer is vanaand met die dood van hulle kinders hulle stilte,hulle vrede, hulle Genade ervaar as die Son, God se Son weer vir hulle opkom! Want al is dit vandag hoe donker vir hierdie ouers - God het gesÍ laat daar lig wees en daar was. Hou vas aan Hom!

DIE WIT DUIF WAT TERUG DRAAI...

JandrŤ Steyn is gegroet.

Waardig! Met eerbied. Die mooiste diens, die mooiste blomme, die rustige musiek. Die duiwe...

Soos hulle die duiwe buite die kerk loslaat - wit duiwe, vrede duiwe... vlieg almal weg... maar een draai terug hok toe. Maar net as hy wil gaan sit, dan gaan hy weer op...

Ek bekyk die saak en ek wonder of JandrŤ nie maar ook eers wou omdraai nie... wou terug gaan van waar hy net vrygemaak was nie... maar toe besef het - dit het God se tyd geword, vir hom om hoog te vlieg nie - en soos die vrede duif toe begin het om die nuwe vlug te aanvaar... dit sy nuwe uitdaging te maak - oppad na sy hemelse huis... Jesus se woning.

Weg van die wÍreld soos die vrede duif uit die klein hokkie - oppad na sy tuiste.

Dit was besonders.

Dit was 'n les. Dit was 'n voorreg!

Totsiens kind. Vlieg hoog soos die WIT VREDES DUIF vandag by jou roudiens...

     
     
 
Vrydag 1 Februarie
   
Vrydag oggend het soos elke ander een by ons begin tot ek 'n boodskap van 'n inwoner van ons dorp gekry het was soos volg lees....

Ek het dadelik besluit om navrae hieroor te rig net om te hoor by die skool self ... "Paramedici is tans hier, geen verdere kommentaar nie" en daarna het ons reis saam elke ouer, elke kind en die skool begin!

Of ek en die span waarlik reg was vir wat sou volg is 'n ope vraag - maar ons het begin om die nuus te dek

Binne oomblike het ek besef ons het hulp nodig nadat ons Facebook-bladsy met rukke gevries het soos mense ons begin kontak het, vrae gehad het, hulp aangebied het...

Ons het dadelik besef ons sal 'n skakel in Vanderbijlpark moet kry. Ons het vir Madelein Rademan in die hande gekry, iemand wat meer weet, wat 'n mamma by die HoŽrskool Driehoek is.


Mense het later begin bel en ons het besef ons sal self na Vanderbijlpark moet ry om self verslag te gaan doen.

Vandat ek en Jaco de Waal die dorp binne gery het kon mens aan die atmosfeer voel, hier het 'n lelike ding gebeur! Mens kon dit voel sonder dat iemand nodig gehad het om iets te sÍ.

Ons het saam die dorp se buurtwag gery tot by die skool. Hulle het ons selfs gehelp met parkering.


En toe ons stap tot waar ons moes wees het ons die see van mense gesien. Die trane, die snikke! Die dood het verwoesting kom saai in hierdie dorpie met sy mense wat ween!

Later het Madelein gebel, waar is julle? Ek het gesÍ ons staan heel agter maar ons is okay daarmee. Sy het ons kom soek. Ons na voor geneem al het ek gevoel, ons kan eerder heelagter bly en nog een van die dorp se mense kans gee voor , naby die ingang.

Waar ons gestaan het en regstreeks uitgesaai het vir die duisende wat nie daar kon wees nie - het elke kind se snik om my aan my hart kom pluk!!

Roydon (wat gesterf het in die tragedie) se pa het begin met "KEN JOU GOD"... en daar was 'n geween. 'n seer in die lug van Vanderbijlpark! Mense het begin huil... en die pa het sterk gestaan. Sy boodskap tref my, dit tref die kinders voor my, dit tref vir Jaco wat saam begin huil en selfs vir Madelein langs my. Nee wag dit tref - die see van mense!

Ek let op die tv kameras - hulle word laat sak, so asof hulle wil sÍ respek en eerbied eerste nou. Ek sluk, en sluk swaar. Ek laat sak my selfoon ook. Maar besef ek het duisende mense wat graag die verigtinge wil volg, wat saam wil bid...

Die dominee begin praat... ek hoor nie wat hy sÍ nie. En dan begin iemand saggies sing - "Amazing Grace how sweet the sound", een na die ander begin die see saam sing...

Ek gaan nie met die ouers praat nie. Overvaal is nie hier om hulle te oorval nie. Tv nuus deel nie my siening nie...

Later soos die see begin verdaag, daag 'n nuwe see op. Ons wag geduldig tot ons fotos kan neem. 'n Niggie van Roydon vra ons om haar te help om sy foto agter tussen die kerse en die bosse en bosse blomme uit te haal. Jaco buig oor die vlamme en vat Roydon se foto en oorfone, hy gee dit met 'n strak gesig vir Roydon se niggie. Sy begin hardop huil. Ek kry seer - al weet ek nie wie die mense is of waar hulle vandaan kom nie.

Mense en kinders buk af... hulle bid by hulle self, hulle steek 'n kersie aan... nog een van hordes wat steeds in die wind, brandend bly. Here, my Here help hierdie mense vra ek in my stilte...

'n Man kom buig neffens my voete... "Cheers boeta" sÍ hy met 'n stem wat breek... ek weet nie watter een van die toe twee seun hy kom onthou nie - maar ek laat sak my hoof... hy sit sy kersie neer en verdwyn tussen die massas.

'n Jong dogter staan sonder iemand wat haar vertroos, hartstogtelik en huil soos sy in die see van kerse voor haar instaar. Net toe ek nader wil stap (want ek bly ook 'n mens), vat 'n dame haar aan die arm. Ek hoor net "Julle werk hier is nog nie klaar nie my kind"... ek wonder waar is hierdie kind se ouers dan nou? Waarom is hulle nie hier saam haar waar sy vir maaitjies moet kom groet nie?

Dan sien ek rye en rye kinders van die skool, met bosse blomme kom hulle ordelik verby ons gestap, muur toe. Van hulle met rooi gehuilde oŽ, ander huil steeds. Ander kyk net strak. Hulle kom eer betoon aan hulle mede leerlinge wat nog die oggend saam hulle in die saal die "viking clap" geoefen het. Nou is die maaitjies binne ure weg en net 'n bos blomme as stille getuie om te sÍ - ons gaan julle mis. 'n Kersie in die hand wat sÍ, ons het julle verloor.

Later skakel ons oor ateljee toe. Ek vertel van die orde, die respek waarmee hierdie aksie gepaard gegaan het. Jong mense staan nader en hulle vra vir Jaco of hulle asseblief iets kan sÍ, hy wys vir my en al doen ons dit nie as 'n reŽl nie, maak ek die besluit - ek gaan die kans waag, ek gaan hulle kans gee om hart skoon te maak - om te praat!


Later word dit tyd vir ons om te ry. Ek en Jaco - ons eie gedagtes so in die donker oppad huis toe.

Ons onthou beelde waar jong kinders vÍr van die hoofingang sit met hulle kersies teen die heining... elke een met sy eie gedagtes.

Van toe af terug in Viljoenskroon, het die mense ons oorval.

Mense begin blyplek aanbied! Dat die ouers kom, ons trek uit ons huis uit, hulle kan in kom ons is naby die hospitaal of daai hospitaal.

Mense begin bel - hulle stuur e posse , hulle stuur boodskappe, hulle bied duisende rande aan vir hulp!


Overvaal Stereo verwys hulle na die Sakekamer van Vanderbijlpark. Ek verstaan daar was binne 15 minute derduisende rande van oral in die land inbetaal.

Vrydag nag slaap ons nie. Ons hou die massas op hoogte. Ons skryf. Ons vertel.

Ons sien BBC berig ook. Was daar al ooit sedert die Westsene busramp so 'n uitbarsting van hulp?? Wonder ek.

Later begin mense ons kontak van beseerders. Ons wil vir julle opdaterings gee oor hoe dit met hulle gaan. Maak nie saak waar ons is of wat ons doen nie, ons stop en ons skryf neer. Ons antwoord. Ons doen verslag.

Mense skryf ons het niks beter om te doen nie - ons kyk hulle kommentaar mis, want ons besef ons dra by tot baie meer as net verslag doen - ons help die fondse sterker maak. Om laste ligter te maak.

Sondag besef ek, ek sal met 'n hoŽr gesag moet praat. Die hoof! Ek bel hom. Hy druk dood. Hy bel later terug. Die man klink moeg aan die ander kant van die lyn. Ek vra, wat maak ons met al hierdie aanbiedings vir hulp? Hy stuur my in die rigting waarin ek was - so nou weet Overvaal ons is in die regte rigting. Terwyl ek met hom praat vra ek in my hart "Here maak die man sterk" Ons lui af.

Dis Sondag ek het 'n hele naweek gemis. Maar dit is okay, ons mense wil help, ons moet hulle help om op die regte plekke te kan help.

Sondag aand: 'n versoek van een van die erg beseerde dogters se ouers - ons het hulp nodig met brandstof en sonder twyfel berig ons! 'n Volle 19 minute later bel die Pa : "Dankie ons is nou okay daar is R9050 inbetaal." Ek sit agter oor. Here U het gestuur - dankie!

Laat Sondagaand bel ons nog rond en praat met prokureurs oor aspekte wat ons kwel oor al die duisende rande wat van orals gestuur word . Almal bereid om gratis te help.

Ons kon nie by Marnus se gebedsessie wees nie - luisteraars en gemeenskap hou my op hoogte van hoe dit verloop, hulle stuur fotos.

Overvaal Stereo, help waar ons kan. Ons probeer almal wat ons kontak antwoord. Ons probeer elke een persoonlik antwoord.

Hulp, gebede en navrae stroom van orals in.

Sondag aand 23:30 sit ek my foon neer - ek sien dubbel. My brein is moeg.

More is Maandag dan vat ons weer.

Maandag oggend ses uur begin ons weer - ons probeer deur al die boodskappe werk. Nog 'n beseerde dogte se ouers vra hulp. Ons begin dadelik reŽlings tref vir hulle.

Ons dien 'n gemeenskap en in tye soos die nie net ons eie gemeenskap nie.

Die les wat ons leer van 1 Februarie 2019 af is dat Suid Afrika se mense kan saam staan - as dit regtig nodig raak. Ons vat hande en staan saam.

Hulp van oorsee word aangebied en ons sÍ Vader het sy engele op aarde opdrag gegee om te help en vir hulle kan ons net dankie sÍ!

Bid vir Vanderbijlpark en sy mense.
 

Image may contain: 4 people, people smiling
bo links na regs - Jandrť Steyn , Roydon Olckers
onder links na regs - Marli Currie, Marnus Nagel


Hulle het dit nodig. As ons arm is aan geld, is ons Goddank ryk aan gebede.

Overvaal Stereo 96.1fm sal end uit poog om te help en te berig en saam te bid!

*Vervolg....




 

 
   
   

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com