...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

HESSEL SCHOLTEMEIJER VAN DER WALT

     
KYK: HESSEL VAN DER WALT BEGRAFNIS DIENS.
     
DEEL 1: DEEL 2: DEEL 3:
     
     

DOODSBERIG / HULDEBLYK
Dinsdag, 3 Julie 2018

HESSEL SCHOLTEMEIJER VAN DER WALT


Bekende en immer geliefde gospelsanger, Hessel van der Walt (68), is gisteraand na ‘n kort siekbed aan kanker oorlede.

Hessel laat sy vrou, Etresia, enigste oorlewende kind en sangmaat, Mariesia, sowel as haar twee seuns, Theodore en Hessel Jnr., agter.

TER AGTERGROND

Hessel, ook bekend as die ‘die man met die goue stem’, begin sy professionele loopbaan in 1983 saam met Sonja Herholdt met die vrystelling van sy eerste album – ‘Hessel, met liefde.’

In 1985 skryf Hessel sy bekendste kommersiële treffer ‘Die Lekkerste Lekker’. Hierna volg dan ook verskeie treffers en toekennings.

 

Hessel het gereeld deur Suid-Africa en Namibië saam met onder meer Jannie de Bruin, Manuel Escorsio, sowel as sy sangmaat, Mariesia, getoer. Dit is dan ook saam met Mariesia wat hy sy geestelike CD, ‘Ek wil die Here loof!’, opneem. Hierdie CD is onder andere deur die ATKV/Beeld-bekroon. Na die onverwagte en tragiese afsterwe van sy seun en naamgenoot, Hessel Scholtemeijer van der Walt Jnr. (30), in 2005, neem Hessel en Mariesia die SAMA-benoemde album, ‘Simfonie van Lof’, op. Hessel en Mariesia se laaste album, ‘10,000 Engele’, wat in 2012 vrygestel is, word bekroon met Gospel-liedjie van die jaar.

Hessel was nie net ‘n liedjie skrywer nie, maar ook ‘n radio-akteur, buikspreker, skrywer, motiveringspreker, en geleentheids prediker. Sy laaste publikasie, ‘Lagstukkies’ (uitgegee deur Naledi-uitgewers), beloof ‘n ‘lag ‘n dag’ en bestaan uit humoristiese uittreksels uit sy loopbaan van meer as 30 jaar.

Tussen 2005-2017, het Hessel en Etresia gereeld toer groepe na Israel begelei, en het hy sedert 2010 verskeie kere daar op uitnodiging, saam met onder meer dr Isak Burger en Angus Buchan, bedien.

Hessel was ‘n liefdevolle gesinsman en hartsmens wat sal voortleef in die harte van sy familie, vriende en almal wat deur hom aangeraak is.

BEGRAFNIS:

• Plek: N.G. Kerk Hartbeespoort
• Aanwysings: Klik hier
• Datum: Maandag, 9 Julie 2018
• Tyd: 11:00

Spesiale Versoeke:

o Ons vra dat u die familie se privaatheid tydens hierdie moeilike tydperk sal respekteer.
o Alle media navrae en versoeke sal via epos hanteer word.

Die familie het gevra dat daar geen blomme gestuur word nie. Inligting rondom skenkings en huldeblyke sal op Hessel se Facebook-blad en webtuiste verskafword.

VERDERE AANKONDIGINGS:

Daar sal later hiedie week geleentheid vir persoonlike huldeblyke wees. Hou asseblief Hessel se Facebook-blad dop vir verdere inligting.
 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com