...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

OVERVAAL STEREO GROET 2018...

 

Die Overvaal span groet 2018 by JD5 in Klerksdorp.

Die hele Overvaal Stereo span het Saterdag 08 Desember jaar eindfunskie gehou.

Die tema was denims & Diamonds.

Almal is met aankoms verwelkom deur die klanke van die trekklavier en het buite onder die bome voorgereg geniet en iets te drinke geniet.

Later was daar 'n Gin pro geleentheid. Waarna die bestuurderr en Voorsitter bedankings en 'n jaaroorsig gelewer het.

Elke persoon het 'n jaar oorsig foto boek ontvang met hoogtepunte van die jaar. Elke foto het sy eie storie gehad om te vertel.

Daar was ook vir die eerste keer personeel toekennings gewees wat oorhandig is.

Ignaz Streicher is aangewys as bemarker van die jaar, maar het die troeffee oor gegee aan Piet de Jager en die kontant prys wat daarmee saam gekom het.

Hoofgereg is bedien en na afloop het die span drie liedjies gesing saam met die trekklavier.

Nagerger is stylvol voor gesit.

Dit was 'n groot jaar vir Overvaal Stereo 96.1fm en die personeel het die funskie baie geniet.

En staan dankbaar! Ook teenoor ons hemelse Vader vir die groot Genade in 2018.

Hier is van ons fotos...

 
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
 
   

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com