...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

DZL AVONTUUR DAG:

 

Overvaal Stereo se Ignaz vergesel deur een van die stasie se erelede, Nelmarie Grobler, het die Avontuur dag gaan mee maak saam die manne van DZL. Daar was ook een gelukkige luisteraar wat die voorreg gewen het om die dag saam te gaan.


Lorinda Potgieter van Viljoenskroon was die gelukkige persoon gewees!


Overvaal Stereo en talle ander radio stasies wat bederf is saam die manne by Akwaaba Lodge buite Rustenburg.


Besoekers en wenners is die kans gegun om ook fotos by van die diere te neem, onder streng toesig van die lodge se vriendelike personeel en bestuur.


Almal is deur die loop van die dag bederf met skermkelkies en inligting oor die diere en die oord.


Die oord is uiters netjies en hulle diere kom eerste. En die diere is almal goed versorg en mens kan sien hulle is gelukkig!


Ons was verheug om die vreugde op ons wenner se gesig te sien en so ook die wenners van die ander radio stasies met hulle avonture en natuurlik in die geselskap van die DZL manne.


Dit was voorwaar 'n dag uit in die natuur waar nuwe vriendskapbande gesmee is.


Geniet 'n paar fotos en maak gerus 'n draai op die lodge se webtuiste vir meer inligting oor die lodge.


www.akwaaba.co.za

 
   
   
   
   
 
   
   
   
   
   
   
   
 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com