Met ingang van 1 April 2009 het Overvaal Stereo die dienste bekom van hul eie webmeester, Carien Dippenaar.

Carien was voorheen werksaam te GSD Potch en het ook haar kennis en ervaring rondom webtuistes daar opgedoen.

Carien is egter nou voltyds werksaam by Overvaal Stereo en sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die instandhouding van Overvaal Stereo se webtuiste.

Ons wense is dat u die web tuiste gereeld sal besoek en indien u vind dat daar 'n nodigheid bestaan vir verandering, u Carien sal kontak.

Smaak verskil en daarom is kritiek altyd welkom. Sonder kritiek sal mens nie weet waar die leemtes is nie. Ons vra u om ons te kontak met voorstelle. Kontak ons gerus by info@overvaalstereo.co.za en ons sal alles in ons vermoe doen om sover moontlik almal se gedagtes en idees in berekening te bring.

 

TERUG NA HOOFBLAD