Ons Herdenk die Bittereinderdag
 
Bittereinder dag herdenking
Ons kuier by Bloedrivier

Bloedrivier



OVERVAAL STEREO

Overvaal Stereo, stasie vir die nasie

Is altyd gereed vir enige ovasie

Skerp in die diens vir al sy lede

Iets uit die outyd en aksies van die hede.

************************************

Van musiek wat altyd jou hartsnare raak

Tot opera en klassiek in baie lede se smaak

Gesprekke en onderhoude wat inligting gee

Tot inbelprogramme wat vriendskappe smee.

************************************

Boodskappe uit die Woord vir elke siel

Sodat sonde die lewens nie kan verniel

Respek vir die sabbat word besonder waardeer

Sodat luisteraars in vrye tyd uit die Woord leer.


************************************

’n Stasie wat omgee en lewer puik diens

Verdien ondersteuning van almal wat luister

Overvaal Stereo bevredig elke smaak

Daarom bied hul programme as ’n ware tuiste.


************************************
Al die personeel is soos ’n familie op sigself

Nêrens kan jy vir beter goud delf

Vriendelik en vrolik is elkeen se stem

Om die radiogolwe met mening te tem.

************************************

Doe so aan, vriende van ons volk
Nêrens dryf daar enige onweerswolk

Mag julle nog lank ons lewens versier

Met Afrikanerkultuur, trots en fier.


- ‘n Gedig deur Eddie Marais
 

 

DE LA REY

'n Stryd vir Vryheid - A.W.G. Raath

De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid is die verhaal van Koos en Nonnie de la Rey tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902.

Hierdie gedenkboek is die hoogtepunt van die herdenking van die 150ste bestaansjaar van die Vierkleur en die inswering van M.W. Pretorius as die eerste president van die Zuid-Afrikaanse Republiek.

Jacobus Herculas de la Rey het tydens die Tweede Vryheidstryd 'n toring van krag en geloofsmoed vir sy krygers gebly - nie net vir diegene saam met wie hy die stryd teen Britse imperialisme in die wordingsjare van die Boererepublieke gevoer het nie, maar ook onder diegene wat as buitelandse vrywilligers saam met hom te velde was.

Die besondere rol wat genl. De la Rey in die Anglo-Boereoorlog gespeel het, moes lankal volledig te boek gestel gewees het.  Prof. Andries Raath en Kraal-Uitgewers het die jaar waarin die Vierkleur (die vlag van die ZAR) 150 jaar oud sou wees, gesien as die jaar waarin 'n dedenkboek oor Genl. De la Rey moet verskyn.  Dus, wanneer in 2007 hulde aan die vlag gebring word, is dit ook die geleentheid om aan hierdie groot leier uit die Wes-Transvaal hulde te bring.

Veggeneraal De Villebois-Mareuil het genl. De la Rey as innoverende en weldeurdagte Boeregeneraal bewonder, terwyl Max Weber, 'n Switserse vrywilliger, hom as die leidende krag in die krygsgebied van die Wes-Transvaal beskou het.

Ook in die raadsale van die wéreld het genl. De la Rey 'n huishoudelike naam geword, omdat hy op verrassende wyse die westerse krygskultuur langs nuwe bane gestuur het.  Te Modderrivier en Magersfontein aan die wesfront dien hy die Britse krygsroem vernederende nederlae toe deur van loopgraaftegnieke en "skeervuur" oor oop terrein gebruik te maak.

Volgens generaal-majoor sir Frederick Maurice was dit genl. De la Rey wat te Kroonstad die voorstel vir guerrilla-oorlogvoering deur aanwending van klein ruitergroepe teen Britse kolonnes gemaak het. Aan die Colesbergfront en in die Wes-Transvaalse krygsgebied het genl. De la Rey die gebruik van ruitestormlope en skiet uit die saal op Britse kolonnes dermate vervolmaak dat hy die kroon op sy krygloopbaan by Ysterspruit en Tweebosch deur hierdie tegniek kon span.

Wanneer die Britse oormagte van lord Roberts te groot was, het genl. De la Rey se aanwending van "retirement weerstand", oftwel "passiewe verset" die momentum van Britse krygaanslae dermate vertraag dat die imperiale magte dikwels met moeite die inisiatief kon behou.  Sedert die slag te Tweeriviere ontplooi genl. De la Rey sy voetgangerburgers voor die artilerie terwyl die burgers te perd agter die kanonne en in die sye van die vyand opereer waardeur hy die samewerking tussen sy berede magte, artillerie en infanterie uiters effektief aanwend.

Die vreesloosheid waarmee genl. De la Rey die room van die imperiale magte aangedurf het, maak van hom 'n onvergelykbare krygsman wat vir geen oormag gestuit het nie.  Selfs wanneer sy burgers nie beskikbaar was nie, het hy sy slagvaardigheid bewys en geweier om vir die vyand pad te gee - hy was 'n veggeneraal in die ware sin van die woord. 'n Bekende Britse generaal het genl. De la Rey se eienskappe die beste verwoord toe hy opgemerk het: "De la Rey was the pure and simple fighter, a rugged soldier who never shirked a battle at any odds, for or against him, but grimly fought his way through by the application of fighting tactics of which he was a master."  Aan sy sy het sy geliefde eggenote, Nonnie, hom bygestaan tot die bitter einde.

Dis vir die outeur en alle medewerkers aan hierdie gedenkboek belangrik dat die leser sal besef dat hierdie 'n eerlike poging is, beide ten opsigte van omvang en voorkoms, om perspektief te gee en hulde te bring aan 'n groot veldheer wat as 'n Bittereinder gestalte gegee het aan die heroiese stryd van 'n volk vir vryheid teen die vreemde onderdrukker.

Die Erwe van Ons Vaad're-reeks

Die Erwe van Ons Vaad're is 'n unieke reeks van Afrikaanse sosio-kulturele en geskiekundige boeke wat deur Kraal-Uitgewers eksklusief vir Afrikaanssprekendes uitgegee word.

De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid, wat handel oor Koos en Nonnie de la Rey se oorlogservaringe tydens die Anglo-Boereoorlog, is die tweede boek in hierdie reeks.

Die Erwe van Ons Vaad're-reeks, wat groot versamelaars-waarde het, bestaan uit:

  • Hoë kwaliteitboeke, gedruk op kunspapier, gebind in duursame hardeband met 'n gelamineerde stofomslag.  Alle drukwerk is in volkleur;

  • Groot formaat - 240mm breedt en 300mm hoog.  In die geval van De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid beslaan die boek 576 bladsye.

  • 'n Beperkte eerste oplaag van 1000 genommerde boeke;

  • 'n Versamelaarsoplaag van 200 genommerde boeke, gedeeltelik in kalfsleer gebind en wat deur die outeurs en/of samestellers onderteken sal wees;

  • Ryklik en met groot sorg geïllustreer.

  • De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid is 'n poging om Afrikaanssprekendes opnuut te laat belang stel in die kultuurhistoriese geskiedenis van die Afrikaner en Afrikaanssprekendes.

  • In De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid word meer as 500 foto's gepubliseer waarvan die meeste nog nooit vantevore gesien is nie.

  • Die tegniese versorging van foto's is uitsonderlik en sonder gelyke.

  • De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid is van die heel beste drukgehalte.

  • Gesiene instansies en individue het bygedra tot die produksiekostes van De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid, sodat hierdie besonder lywige boek teen 'n bekostigbare prys te koop aangebied kan word.

Die outeur: Prof. A.W.G. Raath

Andries W.G. Raath is gebore te Klerksdorp in die Wes-Transvaal.  Hy is tans senior professor in Administratiefreg en Regsfilosofie aan die Universiteit van die Vrystaat.  Uit sy pen het 'n twintigtal publikasies oor aspekte van die Tweede Vryheidstryd verskyn.  Onder die publikasies tel veertien boekpublikasies oor die lotgevalle van die burgerlike bevolking tydens die oorlog en twee oor die vriend en vertroueling van genl. De la Rey - Siener van Rensburg.  Sy navorsing vir die gedenkboek oor genl. en mev. De la Rey strek oor bykans 25 jaar.

Die uitgewer

Kraal-Uitgewers
Posbus 444, Brandfort 9400

Kontakpersoon: Paul Alberts
Tel: (051) 821 2299
Faks: (051) 821 1267
Sel: 082 9233 666
E-Pos: paul@kraaluitgewers.co.za
Webwerf: www.kraaluitgewers.co.za